Who cast that first fateful tomato that started the La Tomatina revolution? The reality is no one knows. Maybe it was an anti-Franco rebellion, or a carnival that got out of hand. According to the most popular version of the story, during the 1945 festival of Los Gigantes (a giant paper mâché puppet parade), locals were looking to stage a brawl to get some attention. They happened upon a vegetable cart nearby and started hurling ripe tomatoes. Innocent onlookers got involved until the scene escalated into a massive melee of flying fruit. The instigators had to repay the tomato vendors, but that didn't stop the recurrence of more tomato fights—and the birth of a new tradition.
Fearful of an unruly escalation, authorities enacted, relaxed, and then reinstated a series of bans in the 1950s. In 1951, locals who defied the law were imprisoned until public outcry called for their release. The most famous effrontery to the tomato bans happened in 1957 when proponents held a mock tomato funeral complete with a coffin and procession. After 1957, the local government decided to roll with the punches, set a few rules in place, and embraced the wacky tradition.
Though the tomatoes take center stage, a week of festivities lead up to the final showdown. It's a celebration of Buñol's patron saints, the Virgin Mary and St. Louis Bertrand, with street parades, music, and fireworks in joyous Spanish fashion. To build up your strength for the impending brawl, an epic paella is served on the eve of the battle, showcasing an iconic Valencian dish of rice, seafood, saffron, and olive oil.
Today, this unfettered festival has some measure of order. Organizers have gone so far as to cultivate a special variety of unpalatable tomatoes just for the annual event. Festivities kick off around 10 a.m. when participants race to grab a ham fixed atop a greasy pole. Onlookers hose the scramblers with water while singing and dancing in the streets. When the church bell strikes noon, trucks packed with tomatoes roll into town, while chants of "To-ma-te, to-ma-te!" reach a crescendo.
Then, with the firing of a water cannon, the main event begins. That's the green light for crushing and launching tomatoes in all-out attacks against fellow participants. Long distance tomato lobbers, point-blank assassins, and medium range hook shots. Whatever your technique, by the time it's over, you will look (and feel) quite different. Nearly an hour later, tomato-soaked bombers are left to play in a sea of squishy street salsa with little left resembling a tomato to be found. A second cannon shot signals the end of the battle. | Wie was die drommel wat met die gooi van daardie eerste noodlottige tamatie die La Tomatina-rewolusie aan die gang gesit het? Niemand is regtig mooi seker nie. Dit kon in rebellie teen ’n Fransie faksie gewees het, of ’n karnaval wat hand-uit geruk het. Die algemeenste oorlewering vertel dat ’n groepie plaaslike inwoners gedurende die 1945 Los Gigantes-fees (‘n parade van reuse-marionette uit papier mâché) ‘n straatgeveg wou begin om aandag te trek. Daar was toevallig ‘n groentewaentjie in hulle nabyheid en die twissoekers het begin om ryp tamaties rond en bont te slinger. Onskuldige bystanders het by die geveg betrokke geraak, totdat die toneel in ’n al spokende skermutseling van vlieënde vrugte ontaard het. Die opstokers moes die tamatieverkopers terugbetaal, maar dit het nie gekeer dat daaropvolgende tamatiegevegte sou uitbreek nie – en ’n nuwe tradisie is gebore. Uit vrees dat die tamatiegooiery onhebbelike proprosies sou aanneem, het wetgewers in die 1950’s in ’n reeks uitsprake eers ’n algehele verbod daarop geplaas, die verbod later verslap en dit toe weer heringestel. In 1951 is plaaslike inwoners wat die verbod oortree het in die tronk gegooi, totdat 'n publieke pleidooi op hulle vrylating aangedring het. Die beroemdste geval van vermetele verset teen die tamatieverbod het in 1957 plaasgevind toe voorstaanders ’n kamma-tamatiebegrafnis kompleet met kis en stoet gehou het. Ná 1957 het die plaaslike regering besluit om maar saam met die spattende tamatiesapstroom te swem. Hulle het ’n paar reëls in plek gestel en daarmee dié verspotte tradisie omhels. Hoewel die kollig op die tamaties val, bou ’n week se feestelikhede tot die finale kragmeting op. Straatparades, musiek en vuurwerke vier Buñol se beskermheiliges, die Maagd Maria en Heilige Louis Bertrand, op uitbundige trant tipies van die Spanjaarde. Om jou kragte vir die naderende skermutseling op te bou, word daar op die vooraand van die geveg paella bedien, ’n ikoniese pronkdis uit Valencia met rys, seekos, saffraan en olyfolie. Vandag het hierdie ongebonde fees darem ’n mate van orde. Organiseerders het selfs al sover gegaan as om spesiaal onsmaaklike tamatiekultivars slegs vir dié jaarlikse gebeurlikheid te kweek. Feestelikhede begin rondom 10:00, wanneer deelnemers behoorlik laat spaander om te kyk wie daardie ham aan die vetterige paal eerste kan gryp. Omstanders spuit die stormlopers nat en almal sing en dans in die strate. Wanneer die kerkklok twaalfuur slaan, ry vragmotors propvol tamaties die dorp binne, terwyl die skare se “To-ma-te, to-ma-te!”-dreunroep ‘n hoogtepunt bereik. Dan word ’n waterkanon afgevuur en die hoofitem begin. Dis die groen lig om los te trek en tamaties in volle aanslag teen mede-deelnemers stukkend te gooi. Langafstand tamatie-lughoue, tromp-op moker-om-te-vermorsel-houe of medium-trefafstand haakhoue. Wat ook al jou tegniek mag wees, teen die tyd wat dit als verby is, sal jy heeltemal anders lyk (en voel). Vir bykans ’n uur word tamatie-deurdrenkte bomwerpers gelos om in ’n see van lekker papsawwe straatsalsa te speel, met bittermin te kry wat nog soos ’n tamatie lyk. ’n Tweede kanonskoot kondig die einde van die geveg aan. |